Kultuur is die derde been van Duineveld se driepoot-stoel. Vir ’n goed-afgeronde opvoeding is kultuur nodig om ons leerders se verwysingsraamwerk te verbreed.
Duineveld is uitsonderlik trots op ons kultuur prestasies – ons redenaars lewer wenners op nasionale vlak, ons toneelleerders verower goue toekennings op die feeste waaraan ons deelneem en ons koor leerders betower plaaslike gehore.
Duineveld spog met ons eie elektronies skoolkoerant. Hier word die hoogtepunte van elke kwartaal gedeel. Besoek ons gerus by www.dieveldbrand.com.
Velties word die geleentheid gegee om betrokke te raak by die ATKV deur by ons eie Jeugtak aan te sluit. Hier kan hulle, hulleself ontwikkel deur slypskole(Redenaars, Skryf, Toneel en vele meer) en om uit te reik na die gemeenskap deur verskillende projekte.
Enige kind is welkom om deel te neem, almal het ’n plek in die Duineveld kultuur-familie!