’n Betrokke Veltie is ’n gelukkige Veltie en sport is een van die baie geleenthede wat Duineveld skep om leerder betrokkenheid te bevorder. Die duisende kilometers wat Duineveld jaar na jaar aflê om ons leerders die geleentheid te bied om kompeterend deel te neem spreek van ons slagspreuk… deur geleenthede tot uitnemendheid.

Duineveld huiwer nie om hul personeel te bemagtig en te ontwikkel tot die beste sportafrigters nie. Duineveld huiwer ook nie om geleenthede buite die grense van die Noord-Kaap by te woon nie. Ons leerders het toegang tot drie rugbyvelde, ’n krieketbaan en -nette, tennisbane, netbalbane, ’n gimnasium, ’n swembad, twee hokkievelde en ’n astro. Alles op ons terrein!

Leerders het die geleentheid om Duineveld in die volgende dissiplines te verteenwoordig:

Rugby

Koördineerder: Hagie Hoffman

Netbal

Koördineerder: Madré Steyn

Hokkie

Koördineerder: Pieter Jooste

Krieket

Koördineerder: Ruan Venter

Skiet

Koördineerder: Mari Joubert

Atletiek

Koördineerder: Mari Joubert

Tweekamp

Koördineerders: Eske de Bruin en Mari Joubert

Tennis

Koördineerder: Gian Visagie

Skaak

Koördineerder: Janine Fourie