Akademie dit is hoekom ons hier is… om jou kind se kennis en vaardighede in SY/HAAR belangstelling uittebrei. Duineveld bied ’n wye verskeidenheid van vakke aan leerders wat leerders in staat stel om hul in ’n verskeidenheid van sektore te vestig na skool.
Ons personeel is vakspesialiste en huiwer nie om hul kennis te verskerp en uittebrei nie. Hulle stap die ekstra myl en huiwer nie om vakke buite die kurrikulum soos addisionele Wiskunde aan te bied nie.
Duineveld beskik oor drie ten volle toegeriste rekenaarsentrums, ’n toerisme sentrum, vier tegniese werkswinkels, ’n goed toegeruste verbruikers area en ’n addisionele wiskunde (AdMaths) sentrum waar leerders hul passie kan uit leef.
Ons Akademie lê ons na aan ons hart en dit is hier waar ons passie lê. Duineveld streef na uitnemendheid. Ons skep geleenthede en moedig ons leerders aan om deel te neem om sodoende uitnemendheid te bereik.
Vak Aanbieding
Graad 8 en 9
Leerders kan in graad 8 en 9 kies of hulle Engels as Huistaal of Engels as Eerste Addisionele taal wil neem.
Graad 10 tot 12
Leerders in graad 10 tot 12 kan kies om in die Akademiesebaan of in die Tegniesebaan te wees.
Akademiesebaan
Indien die leerders die Akademiesebaan kies kan hulle die volgende keuses uit oefen:
- *Afrikaans Huistaal en Lewensorientering is verpligtend
- Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal
- Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Groep 5
Lewenswetenskappe
Verbruikerstudie
Rekeningkunde
Musiek
Geografie
Groep 6
Fisiese Wetenskappe
Toerisme
Musiek
Besigheidstudies
Ingenieursgrafika en Ontwerp
Rekenaartoepassingstegnologie
Groep 7
Ekonomie
Inligtingstegnologie
Rekenaartoepassingstegnologie
Musiek
Ingenieursgrafika en Ontwerp
Lewenswetenskappe
Toerisme
*Leerders kan as 8ste vak Inligtingstegnologie of Rekenaartoepassingstegnologie neem teen addisionele kostes
Tegniesebaan
Indien die leerders die Tegniesebaan kies kan hulle die volgende keuses uit oefen:
- **Afrikaans Huistaal en Lewensorientering is verpligtend
- Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal
- Wiskunde of Tegniese Wiskunde
‘n Vak uit elk van die volgende drie groepe:
Groep 5
Siviele Tegnologie
Elektriese Tegnologie
Meganiese Tegnologie (Pas en Draai)
Meganiese Tegnologie (Motorwerktuigkunde)
Groep 6
Ingenieursgrafika
Ontwerp
Groep 7
Fisiese Wetenskappe
Tegniese Wetenskappe
**Leerders kan as 8ste vak Inligtingstegnologie of Rekenaartoepassingstegnologie neem teen addisionele kostes