SPORT
’n Betrokke Veltie is ’n gelukkige Veltie en sport is een van die baie geleenthede wat Duineveld skep om leerder betrokkenheid te bevorder. Die duisende kilometers wat Duineveld jaar na jaar aflê om ons leerders die geleentheid te bied om kompeterend deel te neem spreek van ons slagspreuk… deur geleenthede tot uitnemendheid.
KULTUUR
Kultuur is die derde been van Duineveld se driepoot-stoel. Vir ’n goed-afgeronde opvoeding is kultuur nodig om ons leerders se verwysingsraamwerk te verbreed. Duineveld is uitsonderlik trots op ons kultuur prestasies – ons redenaars lewer wenners op nasionale vlak, ons toneelleerders verower goue toekennings op die feeste waaraan ons deelneem en ons koor leerders betower plaaslike gehore. Enige kind is welkom om deel te neem, almal het ’n plek in die Duineveld kultuur-familie!