Hoërskool Duineveld bied ’n tuiste vir leerders weg van die huis.
Ons spog met drie koshuise op die skool se terrein:
- Huis Kleinduin (Hoërskool Junior seuns en Laerskool Oranje Noord leerders)
- Huis Gordonia (Hoërskool dogters)
- Huis Duineveld (Hoërskool seniors seuns)
Duineveld koshuise huisves ongeveer 200 leerders.

Huis Kleinduin
Dit is waar Oranje Noord se leerders bly. Leerders self so jonk as sewejaar vind hul plekkie hier. Mevrou Corlia Slabber staan ma vir die Kleinduine. Sy sien om na hierdie leerders en hou toesig terwyl hulle lekker speel en hard leer. Meneer Ruan Venter sien om na die graad 8 en 9 seuns in die koshuis.

Ruan Venter
Hoof

Corlia Slabber
Matrone
Huis Duineveld
Hierdie koshuis word bestuur deur Meneer Stefan van Wyk. Huis Kleinduin en Huis Duineveld deel ’n kombuis en eetsaal. Mevrou Elize Human en haar gedigte span staan baas van die kombuis en sorg vir heerlike etes wat die leerders groot en sterk maak.

Stefan van Wyk
Hoof

Elize Human
Matrone
Huis Gordonia
Mevrou Isabel Hattingh sien om na die inwoners van Huis Gordonia. Hierdie is die tuiste van Hoërskool Duineveld se dogters en waar die dogter dames word. Mevrou Alta Brits en haar span is verantwoordelik vir Huis Gordonia se kombuis en eetsaal.

Marilyn Strauss
Hoof
