KARWAS GRAAD 11
Die graad 11-leerlinge het vanjaar weer 'n heerlike karwas aangebied om geld vir die matriekafskeid in te samel. Die karwas is elke jaar 'n hoogtepunt vir die graad 11's en hulle was vanjaar weereens natter en meer vol seep as die voertuie wat hulle gewas het.
Ongeveer 300 voertuie is deur die loop van die oggend gewas terwyl die graad 11's dans-dans die werk verrig het en die motoreienaars ietsie onder die bome kon eet en drink.
Van links is, voor: Juf Elsabe van der Westhuizen, Melissa Lombaard en Clara Botha.
Agter: Andre Hollenbach, Armand Hender, Chante Nortje, Jeanesse Nel en Alri Matthee.
Van links is, Jessica Burger, Gerrit Lamprecht, Lene Jordaan, Lianet Moller,
Jacoleine Kruger en Berlicia Burger.
Voor: Dawie Malan. Van links is, agter: Wian de Lange, Pieter Nel, Ruben Visser,
Hermie Schroder, Louis Alberts, Nicolaas Dippenaar, Corbin Smith and Willouw van Zyl