KARWAS 2018
Die jaarlikse Karwas-dag het op Saterdag 3 Februarie plaasgevind. Die fondsin-samelingsprojek vir die matriekafskeid is elke jaar 'n hoogtepunt vir die graad 11's en vanjaar is daar weer ongeveer 300 voertuie gewas.
Die Baywash-span was van links: Tiaan Lamprecht, Juliana Lubbe,
Lara Olivier en Diana Liebenberg.
Die Whale Washers-span was van links, voor: Marisa Victor en Melisa van Zyl. Agter: Olivia du Preez, Mia Benade, Charnie Kuhn, Talana Rossouw,
Janke Myburgh en Elana Coetzee.
Die Polishie-span was van links William Nel, Lyle Maasdorp, Justin Feris
en Phillipus Willers.