•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

EXTREME 2016

Velties het soos altyd weer groot gegaan in die jaarlikse Extreme byeenkoms wat op Oranje Rus aangebied word. Ons het spanne ingeskryf in  die skole afdeling, Men lite Team, Women lite Team, Lite Individual Men en Lite Individual Women afdeling. Ons leerders het hul goed van hul taak gekwyt en die volgende baie mooi prestasies is op die dag behaal.


Extreme - Arno Ehlers resize 
In die Skole afdeling eindig ons tweede span algeheel tweede. Die span bestaan uit:
Arno Ehlers (fiets), Mia Benade (swem) en Nelius de Jager (draf).

Extreme Chrisna en kie resize
Ons eerste span  eindig  algeheel derde met spanlede Chrisna Oppermann (swem),
Braam Nel (draf) en Elani Myburgh (fiets).


Sebastiaan Jobb en kieExtreme resize

In die Men Lite Team afdeling eindig Duineveld se Ysterkonynbulperde algeheel
derde met spanlede Sebastiaan Jobb (draf), Nico Olivier (fiets) en Istvan Mayer (swem).

Extreme Olivia du Preez en kie resize

In die Women Lite Team afdeling eindig Duineveld-Her-ricanes algeheel derde
met spanlede Olivia du Preez (draf), Melisa van Zyl (draf) en Janke Myburgh (swem).

In die Lite Individual female afdeling eindig Jana Olivier, ‘n graad 9 leerder,
algeheel tiende tussen 20 deelnemers van alle ouderdomme.