•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

KLEUREATLETIEK UITSLAE 2017

Die kleure atletiek is vanjaar oortuigend deur die blou span gewen. Die blou span het die swemgala beker, die massa atletiekbyeenkoms-beker en die kleure atletiekbyeenkoms-beker verower. Die rooi span het die blou span egter verhoed om met al die louere weg te stap deur die geesbeker in te palm.

Muller du Plessis is aangewys as die Junior Victor Ludorum en Brenda du Toit as die Junior Victrix Ludorum. Madie Punzul is aangewys as die Senior Victrix Ludorum en Sebastiaan Jobb as die Senior Victor Ludorum.

foto 1 17 Sebastiaan en kie resize 

Die rooi span is van links: Sebastiaan Jobb, Nandia Kruger, Michane Lombaard,
Corli Kruger en Gideon Rossouw.

foto 2 18 Blouspan dirigente resize 

Die blou span is van links: Llewellyn Eilerd, Marius Burger, Marika Cilliers,
Chane Hanekom, Melanie Coetzee, Lara Barnard, Connie Conradie en Henlu Liebenberg.

foto 3 10 Vicor en Victrix resize 

Van links is Muller du Plessis (Junior Victor Ludorum), Madie Punzul (Senior Victrix Ludorum),
Brenda du Toit (Junior Victrix Ludorum) en Sebastiaan Jobb (Senior Victor Ludorum)