•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

INKLOK VAN GRAAD AGS 2017

Die graad 8-leerlinge het op Maandag, 30 Januarie as volwaardige Velties by die skool ingeklok. Die tradisie het drie jaar gelede begin toe die 2014 matriekklas 'n klok geskenk het waarmee die graad 8's elke jaar kan inklok en die matrieks weer kan uitklok.

Die graad 8-klas van vanjaar sal in in 2021 net voor hul matriekeksamen begin uitklok om hul vyf jaar as Velties af te sluit.

Isabel Maritz, onderhoofmeisie het die Graad 8's amptelik welkom geheet as volwaardige Velties. Sy het hulle aangemoedig om hul graad 8 jaar te gebruik om te leer groei en hulself te verbeter. Sy het hulle ook verseker dat die hele skool daar is om hulle te ondersteun en selfs bietjie jaloers is op hulle omdat hulle nog hulle hele skoolloopbaan voor hulle het waarin hulle heerlike herinneringe bymekaar kan maak.

Sy het hulle gevra om in die volgende vyf jaar hul vingerafdrukke op die skool te laat, hul hande vuil te maak in hul strewe om 'n eenheid te bou, hul voetspore in die klas, rugbyveld, netbalbaan, tennisbaan en hokkieveld sal laat en dat hulle sal terugkyk op hul lewe as 'n Veltie wanneer hulle in 2021 uitklok.

Hierna het die graad 8's plegtig voor al die ander Velties belowe om die skool se erekode na te streef.

Amelia Stubbe resize
                                     
                                            Amelia Stubbe

Tiaan Steenkamp resize

                                   Tiaan Steenkamp