•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

GOLF KAMPIOENSKAPPE

'n Veltie gholfspan, bestaande uit Willem Gresse, Nelius de Jager, Stef Boshoff en Desmond van der Walt, het van 2 tot 4 Augustus aan die Suid Afrikaanse Hoërskole Gholf Kampioenskappe deelgeneem.

Elke provinsie of dan streek binne SAGA, ( South African Golf Association.) kan slegs twee skole stuur om deel te neem aan die SA Hoërskole Kampioenskappe.

SAGA het aan elke provinsie die reg gegee om self te besluit hoe hulle die keuring sal laat plaasvind.

Die bestuur van Noord Kaap het besluit om die keuring te laat plaasvind tydens 1 van die 4 Noord Kaap junior toernooie en vanjaar was dit tydens die M.M. Junior Kampioenskappe gehou by Magersfontein.

Die Magersfontein Junior Kampioenskappe is gespeel oor die naweek van 22 en 23 April 2017.

Ons seuns het daar deelgeneem en die twee skole wat gekwalifiseer het was Duineveld en die Hoërskool Diamantveld

Die span van Duineveld het teen ander groot skole soos onder andere Grey, Affies, Paul Roos, Paarl Boys, HTS Middelburg, Tuks High Performance en nog 'n paar ander deelgeneem.

Die formaat was dat hulle altwee dae (36 gaaitjies) se tellings bymekaar tel en dan die beste 3 spelers s'n uit die 4 in die span in ag neem om sodoende die ranglys en wenner te bepaal.


Nelius Stef  Willem ens golf resize 

Van links is Nelius de Jager, Stef Boshoff, Desmond van der Walt en Willem Gresse.