•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

BRUGBOU: STREEKSKOMPETISIE

Twee Veltie spanne het eerste en tweede geëindig in die SAICE Streeksbrugboukompetisie wat op 2 Augustus hier by ons plaasgevind het.

Die span bestaande uit Franco Kuhn, Pieter Nel en Koos Strauss was tweede en die span bestaande uit AJ Kruger, Niel Oosthuizen en Christiaan Maree was eerste.

Die wenspan se brug kon 40 kilogram dra en het slegs 98 gram geweeg. Hulle gaan die streek verteenwoordig by SAICE Internasionale Brugboukompetisie op Vrydag 25 Augustus in Pretoria.

 

tweede span brugbou resize 

Die span wat tweede was, is van links Pieter Nel, Koos Strauss en Franco Kuhn


wenspan brugbou resize 

              Die wenspan is van links: AJ Kruger, Christiaan Maree en Niel Oosthuizen.