•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

HOKKIE: PLATTELAND LIGA

Die o.14 A dogtershokkiespan het aan die derde platteland hokkie liga deelgeneem. Die liga het bestaan uit die Hoërskool De Aar se derde hokkie span, die Hoërskool Martin Oosthuizen se derde hokkie span, die Hoërskool Upington se o.14 A hokkie span, Duineveld se o.16 B hokkiespan en die o.14 A hokkie span van Duineveld.

Die o.14 A Hokkie meisies van Duineveld het die 4 spanne teen wie hulle gespeel het, gewen. Die meisies het De Aar 3-0 gewen, vir HMO 3-0 gewen, vir Upington 3-0 gewen en die o.16B span van Duineveld 1-0 gewen.

Die eerste uitspele van die liga het in die tweede kwartaal al begin waar die o.14 A span vir Upington gewen het by die klein interjol (Classic Clashes) in Mei. Die span het toe die o.16 B meisies gewen 1-0 in Junie. Die res van die liga wedstryde het die 27ste en die 28ste Julie plaasgevind, hier ons tuis gronde. Die o.14 A span het onoorwonne by die liga uitgestap en so ook met die trofee weggestap.


0.14 hokkie resize

Voor v.l.n.r. Suna Laubscher (afrigter), Simoné Van Zyl, Juané Honiball, Mianca Visser, Christine Marais
                  en Kevin Van Wyk (afrigter).

Middel v.l.n.r. Inge Snyman, Charlize de Klerk, Elani Liebenberg, Zani Smit en Anne-Mieke Smith

Agter v.l.n.r. Cara Nel, Jo-Mari Steenkamp, Karli Coetzee en Karla Lötz

Afwesig met die neem van die foto: Thalita Liebenberg, Sanri Fokkens