•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

SENIOR AFRIKAANSE OLIMPIADE

Hoërskool Duineveld het weereens uitstekend gevaar in die Senior Afrikaanse Olimpiade.

Nie alleen het ons die tweede agtereenvolgende jaar die provinsiale wenner opgelewer nie (Marlene Beukes), maar is daar ook 6 van ons leerders onder die top 20 in die Noord-Kaap.

Hulle is:  Marlene Beukes, So-Mari van Zyl, Hennie le Roux, Bénine van den Heever, Isabel Maritz en Chrisna Oppermann.

Daarmee bevestig die Velties dat hul moedertaal nog kundig en vaardig gebruik kan word!

Snr Afr Olim Chrisna resize    
Chrisna Opperman, Benine van Heerden, Isabel Maritz en Hennie le Roux

Snr Afr Olimpiade So-Mari van Zyl resize   
                   So-Mari van Zyl en Marlene Beukes