•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

ATLETIEK TE CRADOCK

12 van Veltieland se top atlete het aan die jaarlikse Top10 byeenkoms in Cradock gaan deelneem op die 17de Oktober. Dit was ‘n heerlike dag vol goeie atletiek. Ons atlete het weereens nie telleurgestel nie en met nie minder as 9 medaljes teruggekom na Upington. Die medalje wenners is as volg:

Braam Nel ontvang ‘n goud vir 800m Seuns 0/14.

DS Jansen van Vuuren ontvang ‘n silwer vir 400m Hekkies seuns 0/16.

Valdo Pieters ontvang ‘n silwer vir 1oom Hekkies seuns 0/15.

Jannie Visser ontvang ‘n silwer vir Diskusgooi seuns 0/15.

Tammy-Lee Visagie ontvang onderskeidelik silwer vir Diskusgooi Dogters 0/16 en gewigstoot Dogters 0/16.

Melinke Blaauw ontvang brons vir gewigstoot Dogters 0/15.

Lounari Lamprecht ontvang brons vir 300m Hekkies dogters 0/15.

JP Visser ontvang brons vir verspring Seuns 0/15.

Baie geluk aan die atlete met hul puik prestasies. Jul maak jul afrigters en Veltieland trots!

Atletiek Cradock Resize  

Seuns:  JP Visser, DS Jansen van Vuuren, Braam Nel, Valdo Pieters en Jannie Visser
Dogters:  Lounari Lamprecht, Tammy-Lee Visagie en Melinke Blaauw