•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

TONEELGROEP TOER NA KAAPSTAD

Die Hoërskool Duineveld se toneelgroep het op 28 Augustus deelgeneem aan ’n streeksuitdun van die ATKV-Tienertoneelkompetisie te Kaapstad. Die groep het ’n nuutgeskrewe toneelstuk opgevoer, naamlik Staatmaker, deur Olga Malan. Hierdie toneelstuk sal ook (DV) op 23 September 2015 opgevoer word as deel van die Kalahari Kuierfees, en dan weer op 16 Oktober 2015 in die skool se suidsaal.

In Staatmaker sien Martha, ’n verpleegsuster (Stephanie van Heerden), om na haar broer, Dawie (Brendan van Zyl), en suster, Nadia (Leilani Denil), wat albei in die hoërskool is. Hulle durf die lewe meestal met ’n glimlag en soms met ’n skaterlag aan, maar wanneer hul stiefsuster, Lenise (Jenine Mans), skielik by hulle intrek, begin onderliggende spanning na vore tree. ’n Krisis wat skielik hulle almal se lewens in ’n nuwe rigting stuur, dwing hulle om hul eie onsekerhede te konfronteer. Leilani Denil het ’n silwer toekenning en Brendan van Zyl ’n brons toekenning vir toneelspel ontvang. Die klankoperateur, Bianco Greeff, en die beligtingsoperateur, Hennie van der Linde, het ook elk ’n brons toekenning ontvang. Olga Malan het ook brons toekennings ontvang vir die klankbaan sowel as die dekor en stelontwerp.

Behalwe vir hulle deelname aan die kompetisie het die toneelgroep ook verskeie van die ander skole se toneelstukke gekyk en dit baie geniet. Hulle het ook Bloubergstrand en Tafelberg besoek.

 

Mev. Olga Malan Resize   

Mev. Olga Malan, Leilani Denil, Bianco Greeff, Jenine Mans,
Stephanie van Heerden en Evan Groenewald.