•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

KRIEKET - VELTIES DOEN DIT WEER

KRIEKET - Duineveld wen Uppies twee keer in drie dae!!

Die Eerste Krieketspan het op Donderdag, 22 Oktober, teen Hoërskool Upington 'n 25 beurt wedstryd gespeel op Uppies se velde. HU het die loot gewen en vir die Velties ingestuur om eerste te kolf. Duineveld teken 110 lopies aan in die 25 boulbeurte. Die uitstaande kolwers was Riaan Badenhorst met 17 lopies en Chris Goosen met 17 lopies, Cornel Myburgh met 16 lopies en JL Agenbag met 15 lopies. Velties het toe gaan boul en haal vir Uppies uit vir slegs 86 lopies. Die uitstaande boulers was Cornel Myburgh met 2 paaltjies14 lopies en Pierre Rudolph Becker met 2 paaltjies vir 14 lopies.

Velties wen die wedstryd met 24 lopies!

Welgedaan, ouens!

Duineveld se Dorpspan het Saterdag 24 Oktober 'n 50 beurt wedstryd teen Uppies gespeel op Veltieland se velde.

Duineveld wen die loot en besluit om te boul. Uppies word uitgeboul vir 158 lopies. Die Velties manne gaan toe in om te kolf en steek die totaal verby in die 25ste beurt!

Uitstaande boulers was Coach Noel Jansen met 5 paaltjies vir 18 en Christiaan Oberholzer met 2 paaltjies vir 27.

Uitstaande kolwers was Cornel Myburgh met 59 lopies en Rudolf Oberholzer met 25 lopies.

Velties wen dus die wedstryd met 4 paaltjies..... Twee in 'n ry binne 'n week!

Baie geluk aan die Duineveld spelers.

Krieket resize