•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

ATKV TONEELAAND

Hierdie jaarlikse instelling van Hoërskool Duineveld was vanjaar weer ‘n groot sukses. Dit is ‘n aand  spesiaal vir die toneelspelers en hul ouers, borge van die kultuur, ATKV-Rooiduintak en Vriende van Duineveld.

Die ATKV-Jeugtakleier en Hoofmeisie 2016, Elani Strydom en haar pittige metgesel, Cornel Myburgh, het hul goed van hul taak gekwyt as seremoniemeesters. In hul swart aanddrag het hul nie terugstaan vir enige TV-aanbieder nie. Brendan van Zyl was eerste aan die beurt met sy items waarmee hy uitstekend gevaar het in die KykNet Toneelkompetisie. Stephan Burger het sy staal gewys met die konsertina-item, volgens Eisteddfod-beoordelaars, een van die moeilikste instrumente om baas te raak. Markus Fourie het die gehoor betower met sy goue sangstem.

Jo-Mare Boshof resize  

Jo-Mare Boshoff, Cornel Myburgh, Elani Stydom
en Jane Knoesen

Leilani Denil resize       Stephan Burger resize

Leilani Denil, Stephanie van Heerden,                    Stephan Burger
Jenine Mans en Brendan van Zyl