•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

VELTIES KRIEKET O/15

Die 0/15 krieket span van die Hoerskool Duineveld het op Maandag, 1 Februarie  teen die Hoërskool Carlton van Heerden gespeel.

Carlton van Heerden het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Duineveld se seuns het hulle merk gewys en al Carlton van Heerden se paaltjies  teen die 19de beurt laat val.

Carlton van Heerden teken in die 19 beurte 89 lopies aan.

Duineveld se uitstaande boulers was Muller du Plessis met 3 vir 9 en Ernst Carstens met
3 vir 21.

Duineveld het ingekom om die telling te jaag en slaan die lopies binne die 13de beurt van die wedstryd. 

Duineveld se uitstaande kolwers was Miller du Plessis met 15 lopies en Stef Boshof met 12 lopies.

Duineveld wen dus die wedstryd met 6 paaltjies. 

 

Onder 15 resize 2

 Vlnr: Voor: CJ Hayes, Ernst Carstens, Arno Burger, Hanu Goosen,
                     Stephan Kuhn, Ferry Kriel en Herman Visser.
Agter: Steph Boshoff, Louis du Raan, Hans Visser, SM Maritz,
           Muller du Plessis, Herman Jacobs.