•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

VELTIE SWEMMERS

Sewe swemmers van die Hoërskool Duineveld het van 7 tot 9 Januarie aan die Noord-Kaap Swem Kampioenskappe in Upington deelgeneem.

Mia Benade het 'n brons medalje in die 50 m rugslag gewen.

Johan Corrie het 'n silwer medaljein die 1500 m vryslag en brons medaljes in die 200 m rugslag, die 800 m vryslag en die 200 m vryslag gewen.

An'Mari Liebenberg het 'n brons medalje in die 1500 m vryslag gewen.

Thinus Matthee het goue medaljes in die 200 m borssalg, die 800 m vryslag, die 50 m vlinderslag en die 50 m vryslag gewen. Hy het ook silwer medaljes in die 100 m vryslag, die 50 m borsslag, die 200 m vlinderslag, die 100 m rugslag, die 100 m vlinderslag, die 200 m individuele wisselslag en die 100 m borsslag gewen. Hy het ook brons medaljes in die 50 m rugslag en die 200 m vrysslag gewen.

Elizna Reyneke het silwer medaljes in die 200 m borsslag en die 200 m individuele wisselslag behaal. Sy wen ook brons medaljes in die 100 m rugslag, die 200 m rugslag, die 100 m vlinderslag, die 400 m individuele wisselslag en die 100 m borsslag.

Chris van der Merwe wen goue medaljes in die 50 m rugslag, die 400 m vryslag, die 1500 m vryslag, die 200 m rugslag en die 200 m vryslag. Hy wen ook silwer medaljes in die 100 m rugslag, die 800 m vryslag, die 50 m vlinderslag en beide die 400 en 200 m individuele wisselslag. Hy wen ook brons medaljes in die 100 m vryslag, die 100 m vlinderslag en die 50 m vryslag.

Thinus  Matthee, Chris van der Merwe, Mia Benade en Elizna Reyneke is dan ook gekies om as deel van die Noord-Kaap Swemspan aan die 4+1 Interprovinsiale Swemgala in Kimberley deel te neem.

Foto: Die leerlinge van die Hoërskool Duineveld wat aan die Noord-Kaap Swem Kampioenskappe in Upington deelgeneem het.

 Swem resize

Vlnr agter: Mia Benade, Chris van der Merwe, Thinus Matthee en Johan Corrie
Vlnr voor: Elizna Reyneke, An'Mari Liebenberg en Aletta Matthee.

 

Vier van die Hoërskool Duineveld se swemmers het op 30 Januarie aan die 4+1 Interprovinsiale Swemgala in Kimberley deelgeneem.

Mia Benade was sesde in die 50 meter rugslag.

Thinus Matthee wen 'n goue medalje in die 50 meter vryslag. Hy was ook sesde in die 50 meter vlinderslag en die 200 meter borsslag.

Elizna Reyneke wen 'n brons medalje in die 100 meter rugslag. Sy is vierde in die 200 meter individuele wisselslag en die 200 meter borsslag. Sy was ook sesde in die 100 meter vlinderslag.

Chris van der Merwe het 'n brons medalje in die 50 meter rugslag gewen. Hy was vierde in die 200 meter individuele wisselslag, die 100 meter rugslag en die 400 meter vryslag. Hy was ook sesde in die 200 meter rugslag.

 

Swem Elizna resize

 Vlnr: Thinus Matthee, Mia Benade, Elizna Reyneke en Chris van der Merwe.