•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Kultuurtoer na Kaapstad

Hoërskool Duineveld bied jaarliks ‘n ATKV-Kultuurtoer na Kaapstad aan. Dit is vir die leerders wat in Kultuur belangstel, ‘n groot lekkerte en hoogtepunt op die kalender. Vanjaar is Brendan van Zyl vir die tweede agtereenvolgende jaar  ‘n finalis in die KykNet Nasionale Toneelspelkompetisie.Die 60 finaliste neem aan die finale rondtes deel en die toergroep het die geleentheid om die glansaand waar die wenner  aangekondig word, by te woon.

Die ATKV-toergroep het Woensdag 13 Mei vanaf Upington vertrek en die aand by Klipwerf Gastehuis oornag. Hulle het die Calvinia Museum besoek en dit baie leersaam en interessant gevind.Donderdag oggend vroeg het hulle na Kaapstad vertrek, waar hulle die eerste rondte van die kompetisie bygewoon het in die Kunstekaap Teater. Daar het uiters talentvolle leerders van regoor die land opgetree.

Vrydag het hulle die geskiedkundige Taalmonument in die Paarl besoek asook die Hugenote Monument in Franschhoek. Die ou geskiedkundige  Kaaps-Hollandse geboue in Franschhoek asook die pragtige omgewing het almal aan die praat gehad. Daar is ‘n tydjie ingeruim vir pret en ontspanning en hul het ‘n draai gaan maak by Canal Walk en die aand by die ysskaatsbaan by Grand West waar die Kalahari kinders gespog het met hul vernuf op die ys!

Saterdag het Mineral World met sy pragtige halfedelgesteentes aan die beurt gekom en ook die mark in Houtbaai. Die Velties het hulle verkyk aan die ongelooflike natuurskoon. Die middag het hulle Somerset-Wes en die Strand besoek en die grootste roomyse geëet wat ‘n mens kan kry.

Die ATKV-toergroep het ook tydens die Finaal, Saterdagaand van ons land se gesoute akteurs van naby gesien, nl. Woutrine Theron, Johan Nel, Waldemar Schultz, Hannes van Wyk en Quanita Adams(Zadi in Binnelanders).

Hierdie was ‘n onvergeetlike ervaring – ‘n paar dae waarin die Velties in ‘n baie kort tydjie baie gesien en geleer het.

 

Calvinia Museum resize 
Op pad Kaapstad toe is daar aangedoen by die Calvinia museum.

Artscape resize    

                                      By Artscape    

Waldemar Schultz  resize  
                           Saam met Waldemar Schultz

Taalmonument resize

By die Taalmonument in die Paarl