•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

ATLETIEKBYEENKOMS IN KIMBERLEY

Atlete van Velties het op Saterdag, 6 Februarie aan die Diamantveld Atletiekbyeenkoms in Kimberley deelgeneem.

In die o.14 ouderdomsgroep was Bernnique Peens vierde in die 1500 meter. Lohan van Zyl was tweede in die 100 meter hekkies en derde in die 300 meter hekkies. Bernedette van Zyl was eerste in die 300 meter hekkies en in die 90 meter hekkies. Louis du Raan was derde in die hoogspring en Christiaan Engels was derde in die 100 meter.

In die o.15 ouderdomsgroep was Steph Boshoff tweede in die 300 meter hekkies. Melissa van Zyl was eerste in beide die 300 meter hekkies en die hoogspring. Luan van Zyl was tweede in die spiesgooi. Nolan Diergaardt was derde in die 100 meter. Carla Fourie was vyfde in die gewigstoot. Braam Nel was eerste in die 800 meter. Mari-Louise Steyn was eerste in die 90 meter hekkies. Herman Visser was tweede in die diskus. Andre van Zyl wa derde in die 400 meter en Janke Myburgh was tweede in die 1500 meter.

In die o.17 ouderdomsgroep was Carli Thomas tweede in die 400 meter hekkies en derde in die 400 meter. Lounari Lamprecht was eerste in die 400 meter hekkies en tweede in die 100 meter hekkies. Mari Slabber was eerste in beide die hoogspring en die 100 meter hekkies. Tammy-Lee Visagie was tweede in die diskus. Ruan Theron was eerste in die diskus en derde in die gewigstoot. Jannie Visser was tweede in die diskus. Nico Myburgh was derde in die diskus. Madi Punzel was eerste in die spiesgooi. Sebastiaan Jobb was tweede in die 100 meter. Jean-re Buys was tweede in die gewigstoot. Coenie Kotze was eerste in die hoogspring en die spiesgooi. Valdo Pieters was eerste in die 100 meter hekkies. Brandon Atkinson was derde in die 400 meter en Yugen Draaier was derde in die 1500 meter. Die o.17 seuns aflosspan was derde in die 4x100 meter aflos en die meisies span was tweede in die 4x100 meter aflos.

In die o.19 ouderdomsgroep was Deanke van Zyl eerste in beide die 400 meter hekkies en die hoogspring en derde in die 100 meter. Guguletho Bongela was eerste in beide die 800 meter en die 400 meter. Angelo McCharlie was eerste in die verspring en Kyle de Klerk was tweede in die verspring.

onder 14 resize

Van links is voor: Bernedette van Zyl en Lohan van Zyl.
Agter: Christiaan Engels, Louis du Raan en Bernnique Peens.

 

onder 15 resize

Van links is voor: Nolan Diergaardt, Mari-Louise Steyn, Janke Myburgh en Melissa van Zyl.
Middel: Herman Visser, Andre van Zyl en Braam Nel.
Agter: Luan Van Zyl en Steph Boshoff.

 

onder 17 resize

 Van links is voor: Sebastiaan Jobb, JD Visser, Al-Jarreau Geduld, Yugen Draaier en Jean-Re Buys.
Tweede ry: Mari Slabber, Tammy-Lee Visagie en Lounari Lamprecht.
Derde ry: Jannie Visser, Carli Thomas en Madi Punzel.
Agter: Nico Myburgh, Valdo Pieters en Coenie Kotze.

 

onder 19 resize
Van links is voor: Guguletho Bongela en Deanke van Zyl.
Agter: Kyle de Klerk en Angelo McCharlie.