•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

SKAAK - GREY TOERNOOI

Vier skaakspanne van die Hoërskool Duineveld het die naweek van 19-20 Februarie aan Grey Kollege se uitnodigings skaaktoernooi deelgeneem.

In rondte een wen Duineveld se A-span 3-1 teen Waterkloof se E-span. Die B-span verloor met 1,5 – 2,5 teen Eunice se A-span. Die C-span wen 4-0 teen Welkom se D-span. Die D-span wen 4-0 teen Afrikaans Hoër Meisies se C-span.

In rondte twee speel die A-span gelykop 2 elk teen Trinity High se B-span. Die B-span wen Afrikaans Hoër Meisies se B-span met 2,5-1,5. Die C-span speel gelykop 2 elk teen Allen Glen se A-span. Die D-span speel gelykop teen Afrikaans Hoër Seuns se D-span 2 elk.

In rondte 3 verloor die A-span 3-1 teen Waterkloof se C-span. Die B-span wen met 2,5-1,5 teen De Aar se A-span. Die C-span verloor teen Grey se C-span 1-3. Die D-span verloor teen Allen Glen se A-span met 0-4.

In rondte vier speel die A-span gelykop teen Durban High se D-span twee elk. Die B-span verloor teen Pretoria Boys High se A-span met 2,5 teen 1,5. Die C-span wen Louw Wepener se B-span met 3-1. Die D-span verloor teen Pretoria Boys High se B-span met 1-3.

Die A-span wen die Hoërskool Noord-Kaap met 3,5-0,5. Die B-span verloor teen Afrikaans Hoër Seuns se A-span met 0,5-3,5. Die C-span verloor teen Pretoria Boys High se B-span 1-3. Die D-span verloor teen Welkom se C-span met 1-3.

In 2014 was Duineveld se A-span 21ste in die afdeling, In 2015 was Duineveld 25ste uit 36 spanne en vanjaar is Duineveld 11de uit 36 spanne en skop stof in die oë van Afrikaans Hoër Seuns, Pretoria Boys High, Selborne College, Wineberg High en Afrikaans Hoër Meisies.

Die B-span eindig 27ste. Dit was vanjaar hul eerste deelname in die A-afdeling. Hulle was in 2015 tweede in die B-afdeling en moes vanjaar dus opskuif na die A-afdeling.

Die C-span eindig 9de in B-afdeling en die D-span 18de. Daar was 24 spanne in die B-afdeling.

 Skaak Vierde Willemien resize

Die A- en B-spanne is van voor links: Lyle Maasdorp, Willemien Bester en Andreas Engelbrecht.

Agter : Declon Pretorius, Justin Feris, William Nel, Willers Venter en Roelof van der Merwe.

 

Skaak Derde Johan Corrie resize

Die C- en D-spanne is van voor links: Hardus Steyn, Hugo Visagie, Joshua Basson en Johan Corrie.

Agter: Wian Kruger, Hano Jordaan, Brendan van Zyl en Jeandre Valentin.