•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

HOKKIE 0/14

Velties 0/14 Hokkie Meisies – Liga wenners!

 

Die 0/14 Meisie Hokkiespan van Hoërskool Duineveld het die naweek van 15 Augustus 2015 aan die Noordkaap Platteland Liga Uitspele in Kimberley gaan deelneem en hulle liga gewen.

In die semi-finaal het hulle teen De Aar se derde span gespeel en die wedstryd 2 – 0 gewen.  Hulle wen ook Vaalharts se 2de span 1 – 0 in die finaal. 

 Hierdie besondere groep meisies se prestasie is baie besonders omdat hulle bo hulle ouderdomsgroep deelgeneem het. 

 Die meisies het ook die naweek as hul Interjol beskou omdat Hoerskool Upington nie ‘n span gehad het waarteen hulle op die dag kon kragte meet nie.

Ons verwag groot dinge van hierdie groep meisies!

Hokkie onder 14 meisies twee  resize