•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Krieket

Ander Sportsoorte:
Kliek op een van die sportsoorte vir meer informasie

Rugby : Tennis : Atletiek : Netbal : Hokkie : Krieket : Skaak

Krieket

Krieket is een van die belangrikste somersporte by Hoërskool Duineveld.  Dit word hoofsaaklik in die eerste- en vierde kwartaal gespeel.  Ons speel in ‘n o/15 en ‘n o/19-liga.  Elke jaar speel ons teen Hoërskool Upington, Hoërskool Martin Oosthuizen, Hoërskool Carlton van Heerden, Hoërskool Saul Damon en Hoërskool AJ Ferreira.
Ons eerste krieketspan speel ook in die Oranje Unie Dorpsliga.  Hier word ons seuns aan krieket van ‘n hoer standard blootgestel.  Dit is definitief ‘n bydraende faktor tot die sukses wat Duineveld se krieket behaal.
Hoërskool Duineveld val binne die Griekwaland-Wes streek.  Ons seuns wat presteer word vir die Griekwaland-Wes spanne gekies om aan die verskillende nasionale toernooie deel te neem. 
Krieket is ‘n spansport wat gebaseer word op individuele prestasie.  Dit verg baie dissipline om te presteer, maar jy het die voorreg om deel van ‘n span te wees.