•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Hokkie

Ander Sportsoorte:
Kliek op een van die sportsoorte vir meer informasie

Rugby : Tennis : Atletiek : Netbal : Hokkie : Krieket : Skaak

Hokkie
Duineveld se seunshokkie is baie lewendig en was dit nie vir die feit dat wedstryde en skole wat hokkie speel in die Noord-Kaap so skaars is nie, sou die Velties tot drie spanne in die veld kon stoot.

Die skool beskik oor twee gras hokkievelde en wanneer nodig word daar teen ander skole van die groter sentra op hulle astro-bane gekompeteer.

Duineveld se eerste span het in 2009 soveel as 24 westryde gespeel waarvan hulle 12 keer aan die wenkant was. 7 van die wedstryde het gelykop geëindig en 5 wedstryde was hulle aan die verloorkant. Van al hierdie wedstryde was slegs 3 tuiswedstryde. Daar word dus baie gery om aan die seuns die nodige blootstelling te gee en daar is onder meer na Mosselbaai, Bloemfontein , Kimberley en Potchefstroom gereis vir wedstryde. Van die skole teen wie daar gespeel word sluit in Hottentots-Holland van Stellenbosch, Potch Gimnasium, Grey Kollege en HS Sentraal, beide van Bloemfontein.

Die eerste span woon reeds die afgelope twee jaar die jaarlikse hokkie-kliniek te Mosselbaai by waar hulle in 2008 die naaswenners was en na ‘n strafhou-uitskiet die knie moes buig. In 2009 het hulle in die semi-finaal gelykop gespeel teen die uiteindelike wenners maar het nie in die finaal gespeel nie as gevolg van die eerste rondte se uitslag.

In die groot wedstryd van die jaar naamlik die jaarlikse Groot Interjol teen die Uppies het Duineveld weliswaar die trofee met die Upiies in 2008 gedeel met ‘n telling van

1 – 1 maar het in 2009 die alleenhouers van die trofee geword toe hulle die Uppies 2 - 1 gewen het. Die span het vanjaar in die Noord-Kaap liga deelgeneem en het nie een van die westryde verloor nie, maar het in meeste van hulle gelykop geëindig