•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Atletiek

Ander Sportsoorte:
Kliek op een van die sportsoorte vir meer informasie

Rugby : Tennis : Atletiek : Netbal : Hokkie : Krieket : Skaak

2012 was 'n goeie atletiekjaar vir Duineveld.  Doretha Joubert help steeds met die kondisionering, afrigting en fisioterapie van die atlete.  Ons kleurebyeenkoms was weereens 'n dag van sport en sports, maar ook goeie atletiek.
Daar het 106 atlete van Duineveld aan die //Khara-Hais sone skole-atletiek op Upington deelgeneem.  Die atlete van Duineveld wat deelneem aan die Siyanda atletiekbyeenkoms op 25 Februarie behaal 15 eerste, 9 tweede en 7 derde plekke.
Tydens hierdie byeenkoms kwalifiseer 18 atlete van Duineveld om in die Siyanda span aan die NoordKaap Skole Kampioenskappe in Kimberley te gaan deelneem.
By die Noordkaap-byeenkoms word vier van Duineveld se atlete gekies vir die Noordkaap-span wat aan die SA Skole Kampioenskappe gaan deelneem.