•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Rugby

Ander Sportsoorte:
Kliek op een van die sportsoorte vir meer informasie

Rugby : Tennis : Atletiek : Netbal : Hokkie : Krieket : Skaak

Rugby:

Rugby is die grootste wintersport vir seuns by Hoërskool Duineveld. Van Februarie tot Augustus werk die seuns en hulle afrigters om goed voor te berei vir elke wedstryd. Duineveld kan tot 10 spanne (0/14, 0/15 en 0/19) in die veld stoot.

Gedurende die voorseisoen fase neem ons aan sportdae deel soos bv. Afrikaans Hoërskool Kroonstad en HTS Louis Botha. Die eerste kwartaal word afgesluit met ‘n groot sportdag waar Grey Kollege van Bloemfontein Upington besoek en deelneem teen ons, Hoërskool Upington en Hoërskool Martin Oosthuizen. Hierdie sportdag vind elke tweede jaar in Upington plaas. Die alternatiewe jaar word daar na Bloemfontein gery om daar teen Grey Kollege te gaan meeding.

Tydens die Maart skoolvakansie besoek die 0/19A, B en C spanne die Mosselbaai Sportskool en ons 0/15 A span neem deel aan HJS Paarl se 0/15 rugbyweek. Dit dien as verdere voorbereiding vir die seisoen. Met die aanvang van die tweede kwartaal begin ons tradisionele wedstryde teen die groter skole van die Noord-Kaap. Dan speel ons teen skole soos Diamantveld, Noord-Kaap, Jacobsdal en natuurlik ons buurskool Hoërskool Upington. Ons speel twee keer per jaar teen Uppies, ‘n Klein Interjol of FNB Classic Clash wat aan die begin van die Tweede kwartaal gespeel word en die Groot Interjol wat die belangrikste wedstryd in die oë van ons seuns is. Ons neem ook deel aan 'n jaarlikse interskole wedstryd teen Hoërskool Sentraal van Bloemfontein.

Elke graad 8-rugbyspeler wat Duineveld toe kom, droom daarvan om vir die WITTES te speel. Dit is ons eerstespan wat een van die belangrikste vertoonvensters van ons skool is.

Hoërskool Duineveld val in die Griekwa streek en ons seuns kwalifiseer om vir die Griekwaland-Wes Platteland of soos die meeste mense ons onthou, Noordwes- Kaap die verskillende nasionale rugbyweke (bv. Cravenweek) te verteenwoordig.

‘n Gelukkige Veltie is ‘n betrokke Veltie. Om deel te neem aan ons sportprogram sal jou soveel meer deel laat voel van Veltieland.