•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

HS Duineveld Sport

Hoërskool Duineveld
Ons beskik oor puik en ervare afrigters, wat se doel dit is om te verseker dat elke individu sy volle potensiaal bereik.  Deur toegepaste lewensvaardighede, wat deurlopend aangebied word, verseker ons dat ons kinders ook emosioneel groei om uiteindelik suksesvol in die lewe te wees.

Hoërskool Duineveld beskik oor uitstekende sportgeriewe:

  • 3 rugbyvelde
  • 2 hokkievelde
  • 6 tennisbane
  • 6 netbalbane
  • 1 krieketveld met 4 krieketnette
  • Tennis- en netbalbane beskik ook oor spreiligte

Ons is ook bevoorreg om 'n professionele tennisakademie te bedryf.

Ons beskik oor 'n vol toegeruste ginmasium wat bestuur word deur 'n gekwalifiseerde fisioterapeut en ondersteun word deur 'n biokinetikus.  Enige kind is welkom om hom- of haarself te kondisioneer in die gimnasium.  Ons verskaf ook algemene oefenprogramme vir juniors en persoonlike oefenprogramme vir senior A-spanne.

Ons lê groot klem op waardes soos dissipline, eerlikheid, nederigheid en werksetiek.

Vanaf 2012 is die Veltie Sportakademie op die been gebring.  Die akademie se fokus is tweeledig:  Eerstens die ontwikkeling van voorheen benadeelde kinders en tweedens die hoë prestasie ontwikkeling van talentvolle kinders.

Duineveld is tans besig om fasiliteite op te knap en uit te brei.  Ons is baie opgewonde om die finale produk te sien.

Sportsoorte Aangebied:
Kliek op een van die sportsoorte vir meer informasie

Rugby : Tennis : Atletiek : Netbal : Hokkie : Krieket : Skaak