Ondersteunersklub
Geagte Duineveld-ondersteuner
Die Ondersteunersklub is die forum waar ons daad by die woord kan voeg en ons leerders ondersteun. Dit is waar ons met die regte gesindheid vir hulle geleenthede skep. Deur hierdie geleenthede kan hulle ontwikkel tot uitnemendheid. Ons gesindheid bepaal ons optrede. Ons optrede ondersteun ons leerders.
Ek wil u uitnooi om in die positiewe gees van ondersteuning betrokke te raak by ons Ondersteunersklub. Mag ons klub groei van krag tot krag en ons leerders van sukses tot sukses.
Baie dankie aan elke Veltie-ouer wat onbaatsugtig werk in belang van die skool. Wees verseker dit word raakgesien.
Skoolhoof
Voorsitter se boodskap:
Geagte Veltie Ondersteuner
Ons, as bestuur, wil van Duineveld 'n uitnemende instansie maak deur ondersteuning aan alle sportspanne op verskeie terreine te bied. Moenie op die kantlyn staan nie, raak deel van die skool en die aktiwiteite. U opoffering kan lei tot 'n beter toekoms vir u kind, asook vir generasies hierna. Ek nooi u uit om by Duineveld se Ondersteunersklub aan te sluit. Koste beloop R100 vir die jaar. Kaartjies is by Annette Kruger by die kantoor beskikbaar of by enige bestuurslid. Die kontaknommers is onderaan. Met u Ondersteuners-klublidmaatskap kan u en u gade by alle tuiswedstryde gratis toegang geniet asook aangewysde sitplekke tydens Groot Interjol. Verder maak u bydrae 'n reuse verskil aan die ondersteuning wat ons aan u kinders verskaf.
Ek is bevoorreg om so 'n dinamiese bestuurspan te hê. Geen taak is te groot nie en die entoesiasme is aansteeklik. Ek sien uit na 'n "groot" jaar en ek wil byvoorbaat dankie sê vir elke lid op die bestuur en elke sub-komiteelid se harde werk. Ons beplan 'n paar aktiwiteite en vra u ondersteuning en samewerking. Kontak my persoonlik indien u nog verdere inligting verlang.
Mag 'n heerlike en geseënde jaar vir ons almal wees.
Veltie Groete
Ondersteunersklub Bestuur 2015
Christo Oberholster | Voorsitter | 079 509 2928 | ||||||
Callie de Jager | O/Voorsitter | 076 072 7635 | ||||||
Elzabe Liebenberg | Sekretaresse | 084 580 4784 | ||||||
Pieter Nel | Tesourier | 072 263 2633 | ||||||
Marinda van der Westhuizen | Addisionele lid | 083 672 8759 | ||||||
Riaan White | Addisionele lid | 083 674 5737 | ||||||
Stefan van Wyk | 072 248 4998 | |||||||
Ondersteunersklub E-pos adres:
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Wat is ons doel? | Om ‘n omgewing te skep deur middel van ondersteuning waar Hoërskool Duineveld maksimaal kan presteer. |
Hoe kan u help? | Sluit aan by die klub en ondersteun alle aktiwiteite. |
Waar sluit ek aan? | Skool se kantoor by Annettte Kruger (054-3388222) of by Jaco Kruger (sekretaris 083 296 2177 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. ) |
Wat is die koste? | R100 per jaar. |
Wat is KLUB1000? | Skenk R1000 of meer en jou naam word aangebring op die KLUB1000 ererol. |