•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Skoollied

Langs die groen soom van Oranje
teen die witbult in die son
rys daar fier ons Alma Mater
van ons trots die helder bron.

Jou bemin ons Hoër Duineveld
skool van ruimtes, skool van werk
wat met fakkel van die geesdrif,
hoof en hand met kennis sterk.

Maak ons diensbaar goeie Skepper
bruikbaar soos 'n ploeg se skaar,
sodat ons vir nageslagte
hierdie land se droom bewaar.

Gee ons vreugde in ons arbeid
krag vir elke taak wat wag.
Skenk ons aanhou, volhou, moedhou,
blydskap vir elk nuwe dag
Blydskap vir elk nuwe dag!