•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

HOKKIE

Die o.14A hokkie span is die Noord Kaap kampioene in hul afdeling. Die liga uitspele het tydens die naweek van 3 tot 4 Augustus in Kimberley plaasgevind. Duineveld se span het as Platteland Liga verteenwoordiger teen Diamantveld se o.14A span in die 2018 Noord Kaap Liga Uitspele te Kimberley te staan gekom. Die wedstryd wat op die Astro baan gespeel is was ‘n taai stryd en teen die einde was die telling 0-0 elk en het oorgegaan na ‘n “shoot out” wat Duineveld se 0.14A span gewen het met ‘n 3-2 telling. Sodoende word Duineveld o.14A meisies hokkie die Noord Kaap o.14A Kampioene in hulle afdeling en ontvang elkeen ‘n medalje en die Noord Kaap wisseltroffee.


Anza en o.14 resize

Agter van links na regs: Adene Fourie, Emae Fourie, Anel Pearson,
Lerie Beukes, Megan Viljoen, Mia Oberholzer, Mabri Oberholster, Anza Esterhuyse

Voor van regs na links: (o/k) Elizma Reyneke, Crystal Daude, Dorette Hanekom,
Leoney Olivier, Anika Groenewald, Aneli Groenewald en (K) Eljani Louw.