•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

WESTERN MOUNTED GAMES

Die volgende vier ruiters het gedurende die afgelope vakansie aan die vyfde kwalifiserende ronde van die Western Mounted Games in Prieska deelgeneem.

Henvia Beukes het met 2 perde in onderskeidelik levels 2 en 4 deelgeneem. Sy behaal 'n algehele derde plek in die skole afdeling in level 2 en 'n algehele 10de plek in die ope afdeling in level 2. In Level 4 met haar tweede perd behaal sy 'n algehele 8ste plek in die skole en ope afdelings onderskeidelik.

Anne-Mieke Smit neem in level 4 deel en behaal 'n tweede en 'n sewende plek onderskeidilik in die skole en ope afdelings.

Caitlin Spangenberg neem in level 0 deel en behaal 'n algehele derde plek in die skole en ope afdelings.

Barend du Plessis neem in level 4 deel en behaal 'n algehele derde plek in die skole afdeling en 'n algehele sesde plek in die ope afdeling.



Anne-mieke en kie resize 

Van links is Henvia Beukes, Caitlin Spangenberg, Anne-Mieke Smit en
Barend du Plessis.




Ruiters het aan die vierde kwalifiserende rondte van die Western Mounted Games op Upington deelgeneem en baie goed gevaar.

Henvia Beukes het met twee perde in level 1 en level 4 deelgeneem. Sy eindig algeheel derde in level 1 in die skole afdeling en algeheel eerste in level 4 in die skoleafdeling. In die opeafdeling het sy algeheel 8ste en 5de in onderskeidelik level 1 en level 4 geeindig.

Jene Eygelaar neem in level 4 deel en eindig algeheel vierde in die skole afdeling en algeheel 10de in die ope afdeling.

Barend du Plessis ry in level 2 en eindig algeheel eerste in die skole afdeling en in die ope afdeling.

Anne-Mieke Smit ry in level 4 en behaal 'n algehele derde plek in die skole afdeling en 'n algehele 9de plek in die ope afdeling.

Kristi Willemse ry in level 3 en eindig algeheel eerste in die skole afdeling en algeheel eerste in die ope afdeling.

Talitha Liebenberg neem in level 1 deel en eindig algeheel eerste in die skole en ope afdeling.

Caitlin Spangenberg ry in level 0 en behaal 'n algehele tweede plek in die skole afdeling en 'n algehele derde plek in die ope afdeling.

 

Mounted Games Julie resize 

Van links is, voor: Caitlin Spangenberg, Anne-Mieke Smit, Jene Eygelaar
                             en Barend du Plessis.
Agter: Kristi Willemse, Henvia Beukes en Talitha Liebenberg