•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

ONDERWYSER: FISIESE WETENSKAP

Wanda Rossouw, 'n Fisiese Wetenskap onderwyser en departementshoof is die afgelope vakansie aangewys as die Nasionale wenner in die kategorie Uitnemendheid in Klaskamerpraktyk – Hoërskole by die  SAOU (Suid-Afrikaanse Onderwysunie) se gala aand om presterende skole en individue te erken.

Die gala aand word elke drie jaar aangebied tydens die SAOU kongres. Daar is verskeie kategorieë waarin onderwysers en skole vereer word. Die proses begin by elke provinsie waar skole en onderwysers genomineer word in die onderskeie kategorieë. Die genomineerdes moet dan volgens verskeie kriteria 'n portefeulje van bewyse instuur. Uit elke provinsie word daar dan 'n wenner gekies wat deurdring na die finale rondte waar die nasionale wenner aangewys word.

Dit is die tweede eerbewys wat Rossouw ontvang het vir haar uitnemendheid as Fisiese Wetenskap onderwyser.

Sy is einde 2016  in Kimberley as die beste Fisiese Wetenskap Onderwyser in die Noord-Kaap aangewys.

By die Northern Cape Provincial Teaching Awards 2016 het sy in die kategorie Excellence in Teaching Physical Science (FET) die eerste plek behaal. Sy het die eerste plek behaal nadat sy reeds aangewys is as die beste Fisiese Wetenskap Onderwyser in die ZF Mgcawu-distrik en daarna ook in die Namakwaland-distrik.

 

Juf W Rossouw resize 

                                                                  Wanda Rossouw