•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

AFRIKAANSE OLIMPIADE 2017

In die afgelope Senior Afrikaans Olimpiade het ons uitstekend gevaar. Nie alleen word die drie eerste plekke provinsiaal deur Velties beklee nie, maar het die skool ook sewe leerders onder die Top 20 in die Noord-Kaap.

Die eerste drie plekke word deur onderskeidelik Petra Laubscher (wat ook onder die Top 100 nasionaal is), Elandrie Visser en Isabella Maritz beklee. Al drie is graad 12 leerlinge. Joane Venter is sesde, Lara Barnard is negende, Talana Rossouw is twaalfde en Bianca Harber is veertiende op die Top 20.

 

Bianca Harbar en kie resize 

Van links is Bianca Harber, Petra Laubscher, Elandrie Visser, Talana Rossouw, Lara Barnard en Isabella Maritz.