•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

TWO OCEANS MARATHON

Kevin Toerien het gedurende die April vakansie aan die Two Oceans halfmarathon deelgeneem en 'n brons medalje verower.

Kevin het die 21 km in net een uur 50 minute en 51 sekondes voltooi. Kevin het sy eerste Two Oceans vanjaar gehardloop aangesien die reels vereis dat geen atlete onder 16 mag deelneem nie en Kevin het eers vanjaar 16 geword. Uit die 30 sestienjariges wat die Two Oceans halfmarathon voltooi het was Kevin sewende. Uit die 130 juniors (0.18) was Kevin 30ste.

Volgens Kevin was die halfmarathon vir hom 'n besonderse ervaring: ''Dit was vir my vreeslik stresvol maar ook baie opwindend om tussen 14 000 mense weg te spring.''

Hy wil baie graag volgende jaar weer deelneem.

 

Victor Toerien resize