•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

SEMI-FINAAL ATKV REDENAARS

Vyf Velties het deurgedring na die semi-finale rondte van die ATKV Redenaars kompetisie.

In die junior afdeling vir graad 8 en 9 leerlinge het Linique Botha deurgedring in die voorbereide afdeling en Jani Botes en Milla Slabber in die onvoorbereide afdeling.

In die senior afdeling vir graad 10, 11 en 12 leerlinge het Carli Thomas en Elizna Reynecke deurgedring in die voorbereide afdeling.


Elizna en kie resize 

Van links is, voor:  Linique Botha en Elizna Reynecke.
Agter: Jani Botes, Carli Thomas en Milla Slabber