•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

SASA EN ASA ATLETIEK

Ses van ons atlete was gekies om deel te wees van die Noord-Kaap atletiekspan wat gedurende die Maart vakansie in Durban aan die Nasionale Atletiekkamioenskappe gaan deelneem het.

Die 6 atlete was: Coenie Kotze – spiesgooi seuns 0/18, Jannie Visser – Diskusgooi seuns 0/17, Danel Taljaardt – Gewigstoot meisies 0/15, Carli Thomas – Driesprong Meisies 0/17, Melinke Blaauw – Gewigstoot – meisies 0/17 en Brenda du Toit – 90m-, 300m Hekkies en verspring meisies 0/15. Tussen die atlete het hul al die Noord-Kaapspan by SA’s meer as 20 keer verteenwoordig. Die atlete het goeie plekke behaal by die kampioenskappe, waarvan Coenie ‘n 4e plek algeheel by spiesgooi behaal het.

Verder was daar 2 van ons atlete wat gedurende Aprilmaand aan die Nasionale Senior 0/20 en 0/18 Baan en Veldkampioenskappe (ASA) deelgeneem het. Dit het plaasgevind by die pragtige Groenpunt stadion in Kaapstad. Coenie Kotze het aan die 0/20 spiesgooi afdeling deelgeneem en Jannie Visser aan die 0/18 diskusgooi afdeling. Die kompetisie was straf, maar albei het hul nasionale plekke met een plek verbeter by die byeenkoms. Coenie het egter ‘n uitmuntende prestasie behaal deur 3e algeheel by die kampieonskappe te eindig met ‘n afstand van 63meter.  Derde in die HELE LAND! Dit is ‘n ongelooflike prestasie en ons hou die goue arm van hom fyn dop vir die toekoms.

 Coenie Kotze resize

                                         Coenie Kotze