•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

TWEEDE NOORD-KAAP LIGA SKIETBYEENKOMS

Die tweede Noord-Kaap liga skietbyeenkoms  het die naweek van die 10de Maart by die Hoër Landbouskool Landboudal in Jacobsdal plaasgevind.

Ons skuts het uitstekend gevaar by die kompetisie.

In die o.14 ouderdomsgroep het Carmi van Wyk 'n goue medalje gewen in die veergeweer drie posisie en AJ van Niekerk twee goue medaljes in die sportergeweer drie posisie en 10 meter staan.

In die o.16 afdeling het Hano Jordaan 'n goue medalje in die veergeweer drie posisie en 'n brons medalje in die 10 meter staan gewen. Carine van Niekerk wen 'n goue medalje in die sportergeweer 10 meter staan.

In die o.21 veergeweer afdeling wen Schalk van Blerk 'n silwer medalje in die drie posisie en 'n goue medalje in die 10 meter staan. Heloise Drotskie wen 'n goue medalje in die drie posisie en 'n silwer medalje in die 10 meter staan. Andreas Engelbrecht wen 'n brons medalje in die drie posisie.


Skiet Heloise en kie resize

Van links is, voor: Heloise Drotsky, Carmi van Wyk, Carine van Niekerk an Andreas Engelbrecht.
Agter: Schalk van Blerk, AJ van Niekerk en Hano Jordaan.