•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

WESTERN MOUNTED GAMES PRYSUITDELING

Twee Veltie ruiters is vereer tydens die algemene jaarprysuitdeling van die Western Mounted Games. Willie van Zyl het die wisseltrofee vir die algehele wenner in level 1 vir 2016 gekry en Lara Barnard die trofee vir die level 3 Ruiter van die jaar asook die SAWMGA wisseltrofee vir ruiter van die jaar in die Noord-Kaap.

Tydens die eerste qualifier van die Western Mounted Games die afgelope naweek het ons ruiters weer baie goed gevaar.

Talitha Liebenberg, Simonette Denil, Danielle du Plessis, Esta Burger, Lara Barnard en Willie van Zyl het aan die rondte gaan deelneem.

Talitha het in level 1 deelgeneem en vyf eerste plekke en twee tweede plekke verwerf. Sy was algeheel eerste in die skole afdeling en tweede algeheel.

Simonette het twee eerste en 'n derde plek in level 2 behaal.

Danielle het 'n eerste, twee tweede en 'n algehele tweede plek behaal. Angesien Danielle se perd 'n besering opgedoen het voor die qualifier en sy met 'n nuwe perd aan level 3 moes deelneem, het sy dus uitstekend gevaar.

Esta het vier eerste plekke en 'n tweede plek verwerf en was algeheel eerste in level 3.

Lara verwerf sewe eerste plekke en 'n tweede plek. Sy is algeheel eerste  in die skole afdeling en algeheel eerste in level 4.

Willie verwerf vyf tweede plekke en twee derde plekke en is algeheel tweede in level 3

Lara Barnard Prys resize

                        Lara Barnard met haar trofee.

 

Willie en Kie resize

Van links is Willie van Zyl, Simonette Denil, Esta Burger, Danielle du Plessis,
                      Lara Barnard en Talitha Liebenberg