•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

SKIET: EERSTE LIGA KOMPETISIE

Die Veltie skuts het die naweek van 17 Februarie aan die eerste liga skietkompetisie van die jaar deelgeneem.

In die o.21 veergeweer afdeling wen Dirkie Human 'n goue medalje in die 10 meter staan en 'n silwer medalje in die drie posisie. Hermi Schreuder wen 'n brons medalje in die 10 meter staan en Nico Olivier wen 'n brons medalje in die drie posisie.

In die o.16 veergeweer afdeling wen Adriaan van Blerk 'n goue medaljes in die 10 meter staan en in die drie posisie. Rhyno Brink wen 'n brons medalje in die 10 meter staan en 'n silwer medalje in die drie posisie.

In die o.14 veergeweer afdeling wen Carmi van Wyk 'n goue medalje in die drie posisie en Hannes van Blerk wen 'n silwer medalje in die 10 meter staan.

In die o.21 sportergeweer afdeling wen Koos Strauss 'n silwer medaljes in die 10 meter staan en in die drie posisie. Catya van Wyk wen 'n brons medalje in die 10 meter staan.

In die o.14 sportergeweer afdeling wen AJ van Niekerk 'n goue medaljes in die 10 meter staan en in die drie posisie.


Skietspan resize 

Van links is, voor: Nico Olivier, Hermi Schreuder, Carmi van Wyk,
                          Catya van Wyk en AJ van Niekerk.
Agter: Dirkie Human, Ryno Brink, Adriaan van Blerk, Koos Strauss en
          Hannes van Blerk.