•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

BRUGBOU 2017

Velties het op Dinsdag, 14 Februarie 'n brugbou kompetisie aangebied. Die wenspan was Brooklyn Bridge bestaande uit AJ Kruger, Christiaan Maree en Niel Oosthuizen. Hulle het 'n brug gebou wat slegs 99 gram geweeg het maar 48,5 kg kon dra.

In die tweede plek was die Groot Gesukkel-brug gebou deur Elana Badenhorst, Koos Strauss en Franco  Kuhn. Hulle brug het 87 gram geweeg en 33,5 kg gedra.

In die derde plek was Die Bermuda Triangle-brug gebou deur Rikus van Zyl, Carl Meyer en Christian Engels. Hulle brug kon ook 33,5 kg dra maar omdat hulle brug 96 gram geweeg het en dus swaarder was a Groot Gesukkel was hulle derde.

Hierdie drie spanne gaan nou aan die streeks kompetisie deelneem.

Koos Strauss resize 

Koos Strauss pak gewigte op om te bepaal hoeveel gewig sy span
se brug kan dra. Gewigte word opgepak totdat die brug breek.

 Rikus van Zyl resize

En daar breek die brug genaamd Bermuda Triangle en die gewigte spat.
Van links is Rikus van Zyl en Carl Meyer .

 Christiaan Marais resize

Die wenbrug, Brooklyn Bridge word getoets.
Van links is Niel Oosthuizen, AJ Kruger en Christiaan Maree.