•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

ATLETIEK DIAMANTVELD, BLOEMFONTEIN EN HARTSWATER

Hartwater Top 20 – Velties vaar uitstekend!

Die Veltie atlete was weer tydens die naweek van 18 Februarie besig met hul gunsteling tydverdryf – atletiek. Duineveld het aan die jaarlikse Hartswater Top20 gaan deelneem. Dit het besonders goed gegaan, met veral Hoërskool Duineveld se A-span. Die A-span het algeheel tweede geeïndig van 23 spanne. Daarvoor het die skool ‘n heerlike kontantprys ontvang. Die B-Span, wat net uit 5 atlete bestaan het, het ‘n allemintige 6 medaljes bymekaar gemaak op die byeenkoms.

Brenda du Toit ontvang ook die trofee vir die beste 0/15 Dogters atleet vir haar items: die 90m Hekkies en die 300m Hekkies. Dit word bereken met APE tabelpunte.

Ons het ook verskeie atlete wat onder die Top50 atlete van die dag is: Brenda du Toit beklee die vierde en 17e plek, Melinke Blaauw die 6e plek, Marilee Mueller in die 26e plek, Tammy Visagie in die 37e plek, Jannie Visser in die 41e plek en Bernedette van Zyl in die 50e plek.

Die medalje totaal vir die dag was 9 goue medaljes, 11 silwer medaljes en 6 brons medaljes.

Dit was die mees suksesvolle naweek nog vir Veltie atletiek en ons is baie trots op ons leerders.

Meisies Hartswater resize

Agter:  Melinke Blaauw, Madi Punzil, Hester Coetzee, Carli Thomas en Elme Slabber.

Voor:  Karli Bekker, Sanmari Visser, Tammy Visagie, Bernadette van Zyl,
         Lounari Lampbrecht en Brenda du Toit.

 

Seuns Hartswater resize

Van links na regs:  Herman Visser, Duwayne Jacobs, Louis Duraan, Coenie Kotze,
                          Nolan Diergaardt, Jannie Visser en Jean Cloete.

 

BLOEMFONTEIN

Velties vaar goed in Sentraal NWU Pukke Top20

Ons het aan die jaarlikse Top20 atletiekbyeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem op die 10de Februarie. Hoërskool Sentraal van Bloemfontein bied die prestige geleentheid aan waar skole soos Grey College, Paul Roos Gimnasium, Hoër Meisieskool La Rochelle en Hoër Jongenskool Paarl, om net ‘n handvol te noem, deelneem. Die kompetisie en die talent op die aand was ongelooflik. Die Velties was weereens begroet met nat en koue weer in Bloemfontein, maar dit het hulle nie gestuit nie.

Op die aand is goeie uitslae behaal. Daar was 4 medaljes in totaal verower. Coenie Kotze het die spiesgooi vir Seuns 0/19 gemaklik gewen en ‘n goue medalje daarvoor ontvang. Madi Punzul het ‘n brons medalje verower vir haar 800m vir Dogters 0/19.  Brenda du Toit het net-net verloor teen ‘n atleet van La Rochelle en ontvang dus ‘n silwer vir haar 90m Hekkies vir Dogters 0/15. JJ Roodt, 0/15, het die 400m van sy lewe gehardloop en daarvoor is hy beloon met ‘n brons medalje.

Die Veltiespan het algeheel 12e geeïndig van 23 spanne wat vir ons in Veltieland ‘n groot prestasie is geag die kaliber van die skole wat daar deel geneem het.

 

Bloem resize

Van links na regs:  Coenie Kotze, Brenda du Toit, Madi Punzil en JJ Roodt


DIAMANTVELD

Slag van Kimberley

Veltie atlete was die naweek van die 3e en 4e Februarie na ‘n Uitnodigingsbyeenkoms in Kimberley wat deur Hoërskool Diamantveld aangebied is. Duineveld het 58 atlete geneem en is deur sopnat weer begroet. Al was die toestande nie ideal nie, het ons atlete steeds uitgeblink. Daar was 26 goue medaljes, 27 silwer medaljes en 19 brons medaljes op die dag gewen.

Verder het verskeie rekords op die dag gesneuwel:

Brenda du Toit breek die 90m Hekkies rekord vir Dogters 0/14.

Jana Beukes breek die Spiesgooi rekord vir Dogters 0/14.

Sanmarie Visser breek die Diskusgooi en 1 500m rekords vir Dogters 0/14.

Mienke Nagel breek die Hoogspring rekord vir Dogters 0/14.

Coenie Kotze breek die Spiesgooi rekord vir Seuns 0/19 met ‘n uitstekende afstand van 65.78m.

Yugen Draaier neem die 5 000m se rekord vir Seuns 0/19.

Brenda du Toit is ook aangewys as die beste junior baanatleet van die dag met haar tabelpunte van 831 in haar 90m Hekkies.

Als en als was dit ‘n uitstekende dag vir Veltie Atletiek.

Meisies Eerste keer Diamant resize

Agter van links na regs:  Judika Taljaardt, Carisna Alberts, Brenda du Toit,
                                  Nilitha Alberts, Bernique Peens en Mienke Nagel
Voor van lins na regs:  Jana Beukes, Bernedette van Zyl, Monja Dippenaar,
                               Paula Burger, Simone Gerber en Karli Bekker.

 Seuns eerste keer Diamant resize

Agter van links na regs:  Gilermo Julie, Johan van Zyl en Yugen Draaier
Middel van lins na regs:  Nico Ras, Duwayne Jacobs, Lohan van Zyl en Louis Duraan
Voor van links na regs:  Muller du Plessis, Cameron van Rhyn, Michael Steyn,
                                 Christiaan Engels en Wynand Buys