•  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

UITVOERENDE KUNSTE: SA KAMPIOENSKAPPE

Twee Velties het onlangs deelgeneem aan die provinsiale uitdunne van die SA Kampioenskappe van die Uitvoerende Kunste.

Die SA Kampioenskappe van die Uitvoerende Kunste is 'n kompetisie wat bestaan uit verskillende dissiplines soos bv. sing, dans, modelwerk, instrumenteel, ens. Onder elke dissipline is daar weer verskillende style. In modelwerk bestaan daar loopplank, swemdrag, aanddrag, ens. By die Nasionale Kompetisie kom nog twee style by.

Die twee Velties, Mari-lee Mueller en Minche van der Westhuizen, het ingekom vir die SA's tydens die Provinsiale uitdunne en gaan deelneem aan die Nasionale Kampioenskappe gedurende 31 Maart tot 9 April in Rustenburg. Die Wêreldkampioenskappe is gedurende 30 Junie tot 9 Julie 2017 in Los Angeles. Deelname aan die Wêreldkampioenskappe is slegs wanneer jy 'n item wen gedurende die SA Nasionale Kampioenskappe.

Mari-Lee en kie resize

Van links is Mari-lee Mueller en Minche van der Westhuizen